Doen jou deel om borskanker te bekamp en kom kuier saam op Saterdag, 12 Oktober by Napier Wynkelder in Wellington. Die oggend begin om 10:00 en beloof om vroue te inspireer met kos vir die siel.
Danie Niehaus gaan as gaskunstenaar optree terwyl vroue ‘n heerlike plaasontbyt geniet. Borskankerkenner, professor Justus Apffelstaedt sal daarna gesels oor alles wat vroue oor boskanker moet weet en daar sal ook geleenteheid wees om vrae te stel. Professor Apffelstaedt is die president van die Borsbelangegroep van Suid-Afrika, Hoof van die borskliniek by Tygerberg Hospitaal en hulpprofessor by Stellensosch Universiteit.
Die fondse wat ingesamel word gaan aan die Tygerberg Transport Inisiatief, ‘n stigting wat minderbevoorregde borskankerpasiënte van vervoer voorsien sodat hulle die nodige behandeling kan kry.
Kaartjies kos R 200 per persoon en is beskikbaar by Nelia Bester. Kontak haar op 083 384 0724 of neliabestr@gmail.com.
Gelukkige trekkings gaan deur die loop van die oggend gedoen word!