Borskanker: 5 dinge wat jy móét weet

By: Salomé Delport

As jy of iemand in jou familie borskanker het, moet julle dié dinge weet oor toetsing, risiko’s en die lewe daarna.

Ons het kenners gevra om hul beste raad met ons te deel. Hier’s die vyf dinge waarvan jy – en alle vroue met ’n verhoogde risiko – moet weet:

5 Hou dit dop

Vroue moet ná borskanker driemaandeliks en later sesmaandeliks of jaarliks as opvolg ’n mam­mogram, beenflikkergram en/of buiksonar ondergaan.

Prof. Justus Apffelstaedt, hoof van die Ty­ger­berg-mammokliniek, sê ’n mammogram is die enigste tegniek wat saam met ’n deeglike fisieke ondersoek werklik betroubaar vroeë te­kens van kanker opspoor, mits dit deur ’n mam­mogramspesialis gedoen word.

“Tog is ek nie teen die volle spektrum van toetse gekant nie. Dit kos die pasiënt meer, maar koop gemoedsrus … en dít is baie kosbaar.”

En as jy naverwant is aan iemand met bors­kanker?

“Dan moet jy risikohanteringstrategieë oorweeg. Vir baie vroue is intensiewe waarneming (’n sesmaandelikse ginekologiese en borstas­ondersoek en jaarlikse mammogram) genoeg, maar soms, of in ’n later stadium in die lewe, kan dit raadsaam wees om die eierstokke te ver­wyder en die kolierweefsel uit die borste weg te neem.

“Maar gesels met ’n borskankerspesialis. Dis ingewikkelde keuses terwyl die operasies spesiale tegnieke verg.”

Read the full article here.

SOURCE: Rooi Rose online